In die 2000's het die kinderster Frankie Muniz in die gewilde Amerikaanse reeks Malcolm in the Middle gespeel. Hy was gewild in Hollywood en het selfs in flieks soos My Dog Skip en Agent Cody Banks gespeel.

Maar Frankie kan niks van sy kinderdae in Hollywood of sy tyd in Malcolm in the Middle onthou nie. Die 31-jarige het onlangs die hartseer nuus op die TV-program Dancing with the Stars gedeel. Sedert 2012 het Frankie 15 mini-beroertes gehad, lees meer hier. En op die ouderdom van sewe het hy die eerste keer harsingskudding gekry.

"Ek kan niks meer van daardie tyd in Hollywood onthou nie. Dit voel soos iemand anders se lewe," het hy in 'n insetsel vir dié program vertel. Frankie kan nie meer maklik dinge onthou nie. Sy meisie, Paige Price, moet spesiale oomblikke neerskryf, sodat hy dit kan onthou.

Frankie neem op die oomblik deel aan dié danskompetisie.

Kyk die roerende video hier: