Goeie nuus vir alle Kokkedoor-liefhebbers!

kykNET is trots om ’n handelsmerk-uitbreiding van Kokkedoor aan te kondig. Koekedoor is ’n splinternuwe bakkompetisie en inskrywings open Maandag 8 September.

Hoe gaan dit werk?

kykNET en Koekedoor is op soek na die land se beste amateurbakkers. Die nuwe program sal bestaan uit 10 deelnemers wat meeding en elkeen sal 3 uitdagings per episode moet voltooi. Net soos Kokkedoor sal die fokus op tradisionele bakkuns en die vernuwing daarvan val, maar word daar nie in spanne meegeding nie. Kontantpryse asook weeklikse pryse is op die spel in die soektog vir die eerste Koekedoor.

 Is jy Suid-Afrika se volgende bobaas-bakker? Die inskryfvorm kan op kykNET se webblad afgelaai word