The Sandwich Swap, Koningin Rania Al Abdullah se eerste kinderboek (uitgegee deur die Disney Book Group) vertel die verhaal van twee beste skoolmaatjies, Lily en Salma, elk met 'n ander kulturele agtergrond, wat kosbare lesse oor juis daardie kulturele verskille leer deur die inhoud van hul kosblikke met mekaar te deel. Sodoende kom hulle agter dat hulle meer in gemeen het as wat hulle eers gedink het. Dit het reeds die The New York Times se top-verkoperslys gehaal as die gewildste kinderprenteboek in Amerika.

"Die boek is op my eie ondervinding gebaseer," sê die koningin. "Ek was vyf en het langs my maatjie by die skool gesit. Ek het elke dag my lekker pita-broodjie met humus geëet en sy het sulke bruinpers taaierige goed (grondboontjiebotter) op haar brood gehad. Ek het vreeslik jammer vir haar gevoel. Eendag toe vra sy my of ek nie van haar brood wil proe nie. Ek kon nie glo hoe lekker dit was nie. Ek het haar en dít wat op haar broodjies was, op voorkoms beoordeel!"

"Een van die lesse wat ek hoop kinders en hul ouers uit dié boek leer, is om nie bang te wees vir dít wat jy nie ken nie," sê sy. En dis deur baie streng 'redakteurs' geredigeer: Haar jongste kinders, Hashem (5) en Salma (9). Al die winste uit die verkoop van dié boek, sal geskenk word aan haar Madrasati Jordanië, 'n inisiatief wat fokus op die opgradering en verbetering van die opvoedingsfasiliteite van 500 skole dwarsoor Jordanië.

Rania al Yaseen kom uit 'n middelklas-familie van Koewait in Palestinië. Nooit kon sy droom dat sy, terwyl sy 'n loopbaan vir haarself probeer bou het, op 'n prins verlief sou raak nie. Toe sy 22 jaar oud was, het sy Prins Abdullah van Jordanië, se oog by 'n onthaal gevang en gehou. Vyf maande later het hulle getrou en met 'n familie begin. 'n Paar jaar later het sy pa, Koning Hussein, wat toe reeds baie siek was, bekend gemaak dat Prins Abdullah, sy seun, en nié sy broer, hom sou opvolg. Op die ouderdom van 28 jaar is Rania die wêreld se jongste koningin.

Behalwe vir haar koninklike rol, is sy 'n ma van 4, 'n Unicef-ambassadeur vir Kinders, bestuur sy ook haar eie webblad, blog gereeld en twiet op Twitter. Volgens Oprah Winfrey bak sy nog lekker sjokoladekoekies ook! Sy sê dat Twitter haar die kanaal bied om baie nader aan haar mense te kom. Daarom geniet sy dit so. Volg haar op Twitter en Facebook.

Ma van vier!

Bestel die boek by kalahari.net.

The Sandwich Swap

Uittreksel:
(uit 'n artikel op ABC se Good Morning America)

"It all began with a peanut butter and jelly sandwich...and it ended with a hummus sandwich.
Salma and Lily were best friends at school.
They drew pictures together.
They played on the swings together.
They jumped rope together.
And they ate their lunches together.
But just what they ate was a little different.
Lily ate a peanut butter and jelly sandwich every day for lunch.
Salma ate a hummus and pita sandwich every day for lunch.
And although Lily never said it out loud, she thought Salma's sandwich looked weird and yucky. She felt terrible that her friend had to eat that icky chickpea paste every day. EW. Yuck.
And although Salma never said it out loud, she thought Lily's sandwich looked strange and gross. She felt just awful that her friend had to eat that gooey peanut paste every day. EW. Gross"