Kate en prins William kon hul entoesiasme nie beteuel toe Engeland se Chris Hoy ’n goue medalje in fietsry gewen het nie.

Hulle was so gelukkig dat hulle mekaar voor die hele wêreld se media omhels het, en byna meer aandag getrek het as die wenners!

Die hertog en hertogin van Cambridge is bekend vir hul jeugdige, vars uitkyk op die lewe, wat beslis nuwe lewe in die monargie blaas. Baie mense voel hulle kan nou makliker met die koninklikes identifiseer, aangesien Kate en William meer in voeling is met gewone mense. Somminge publikasies bestempel hul verhouding as baie ‘normaal’.

William en sy pragtige Kate loop definitief in sy ma, Diana, se voetspore, reguit in die mense se harte in!