Kristina Pimenova is op 9 reeds ’n baie suksesvolle model. Maar sommige mense is bekommerd dat haar voorkoms te volwasse is, berig Daily Mail.

Die Russiese Kristina is ’n model sedert sy 3 jaar oud is en word "die mooiste meisie in die wêreld" genoem. Sy was al op die voorblad van Vogue Bambini en in veldtogte vir groot ontwerpers soos Roberto Cavalli, Dolce & Gabbana, Armani en Benetton.

Sy is ook baie gewild op sosiale media. Haar ma, Glikeriya Shirokova, ’n voormalige model, is verantwoordelik vir haar blaaie op sosiale media (meer as 2 miljoen aanhangers op Facebook en 300 000 volgelinge op Instagram).

Kristina is profielfoto op Facebook Kristina se profielfoto op Facebook

Maar met al die aandag op sosiale media, is daar ook heelwat ontoepaslike kommentaar en mense meen Kristina word op ’n te jong ouderdom aan ongewenste aandag blootgestel.

FOTO:  Facebook FOTO: Facebook

Kristina word net in kinderklere afgeneem en dra min tot geen grimering, maar sommige van die kommentaar is steeds ontstellend. Glikeriya verwyder gereeld sulke kommentaar.

Ander ouers lewer kommentaar dat die foto's onvanpas vir ’n kind is en dat dit verkeerd is om ’n kind soos ’n volwassene af te neem.

FOTO: Instagram @kristinapimenova2005 FOTO: Instagram @kristinapimenova2005

Wat dink jy van Kristina se foto's? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad.

FOTO: Instagram @kristinapimenova2005 FOTO: Instagram @kristinapimenova2005

FOTO: Instagram @kristinapimenova2005 FOTO: Instagram @kristinapimenova2005

FOTO:  Facebook FOTO: Facebook

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad.

Bron: Daily Mail

Lees ook