'n Hele rits Hollywood-celebs het onlangs hulle hare afgesny. Van lang, reguit hare tot 'n pixie-styl of 'n bob. Emma Watson, Anne Hathaway, Corine du Toit en nou ook Cate Blanchett en Michelle Williams

Emma het gesê dit was vir haar bevrydend gewees om haar hare te sny omdat sy dit vir die Harry Potter-flieks moes lank hou. Anne se haartsyl is egter nie permanent nie. Sy dra glo net 'n pruik vir haar nuwe fliek.

Michelle Williams en Cate Blanchett was kort op hulle hakke met die afsny van die lang lokke. Ons eie Corine du Toit het ook onlangs haar hare kort gesny in die gewilde pixie-styl.

Cate Blanchett Cate Blanchett
Anne Hathaway Anne Hathaway Anne Hathaway
Emma Watson Emma Watson Emma Watson
Michelle Williams Michelle Williams Michelle Williams
Corine du Toit Corine du Toit Corine du Toit