Getoets deur Alida Vos

Dis nou wanneer jy nie lus is vir die “buffels” en “seertand-olifante” op die N1-wildtuin nie. Met Subaru se Forester (baie vernuwe sedert die vorige model) kon ek vinnig wegswenk vir ’n wilde snor met ’n groot vragmotor. Krag en spoed is daar genoeg om te ontsnap of verby te steek. Die Forester is ’n alwiel-ryer sodat jy ’n paar rowwer grondpaaie ook kan aandurf.

Die binnekant van die motor is stylvol en mooi afgerond, met ruimte genoeg vir ’n Blou Bul-flank en slaan jy die agterste leunings plat, kan jy baie inpak. ’n Kamera help met agteruitry en daar’s puik veiligheidseienskappe. Die XS Premium het ’n sondak, leersitplekke, ruitvee¨rs wat self begin werk as die druppels val en ’n bagasiebak wat jy met die druk van ’n knoppie oop- en toemaak.

  • Prys R429 000

FOTO: OuickPic FOTO: OuickPic