Die Proteas se toetskaptein, Graeme Smith, se dogter het dié week ’n veloorplanting gekry nadat sy met kookwater gebrand het, skryf Die Burger.

Graeme, wat vroeër die week aangekondig het dat hy uit internasionale krieket tree, was glo baie ontsteld oor klein Cadence (19 maande) se ongeluk en die nuus van die veloorplanting. Daar word nou bespiegel dat dít moontlik bygedra het tot sy besluit.

Graeme met Cadence (links) en klein Carter FOTO: Instagram (@morgandeane) Graeme met Cadence (links) en klein Carter.
FOTO: Instagram (@morgandeane)

“Ek was van plan om al voor die toets my uittrede aan te kondig. Maar met dié dat my dogtertjie in en uit die hospitaal was, word jou aandag afgetrek," het hy vir Die Burger gesê.

Pippie Kruger se ouma gesels oor haar kleinkind se brandwonde

Klein Cadence is ’n pragtige baba met dieselfde donker hare as haar ouers. Graeme en sy vrou, die Ierse popsanger Morgan Deane, se seun, Carter, is verlede Julie gebore. Hy het al op Twitter te kenne gegee dat hy sy gesin baie mis wanneer hy op toer is.

Eerste foto's van klein Cadence

"Ek het ’n jong gesin om aan te dink," het hy gesê toe hy vandeesweek aangekondig het dat uittree. Die vyfde dag van die toets teen Australië op Nuweland was gister die kaptein se laaste wedstryd vir die Proteas.

Morgan het na die wedstryd by Graeme op die veld aangesluit met klein Cadence en Carter. Daar was ’n verband aan Cadence se arm nadat sy vroeër die week plastiese sjirurgie gehad het. Sy het brandwonde opgedoen nadat sy laas week met kookwater gebrand het.

BRON: Die Burger