Die Krone bestaan uit Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Heinz Winckler en Snotkop. Hulle noem die konsert ’n “moewiese saamsing-jol”. Hulle sing 120 liedjies in 3 ure – ’n viering van musiek. Hulle sing onder meer mekaar se treffers asook ander bekende Afrikaanse liedjies, die goue oues, pop, ballades, dans-treffers, sokkie en country.

Hulle trek wit en goud aan op die verhoog vir dié geleenheid. “Ons wil hê almal wat kom kyk moet ook wit en goud aantrek. Dress bietjie op vir die geleentheid - soos in die ou dae,” het Kurt gister tydens die media-bekendstelling van die Krone-CD gesê.

Gaskunstenaars soos moniQue, Elizma Theron, Manie Jackson, NRG sing ook saam. “Al die liedjies se woorde word op ’n grootskerm gewys sodat mense lekker kan saamsing. Dis regtig net een groot saamsing-jol,” het Kurt gesê.

VIDEO: Kurt gesels met SARIE.com

Die Krone-konsert vind op 26 Julie by Carnival City, Johannesburg en op 1 November by Grand West Casino in Kaapstad plaas. Kaartjies nou beskikbaar by Computicket.