Die legendariese styl-ikoon Audrey Hepburn sou gister 85 geword het. Só kan jy haar kenmerkende styl kry.

Audrey Hepburn se groot oë, sterk beenstruktuur en lang, skraal figuur is tot vandag toe geliefd, jare ná haar dood. Haar klassieke, elegante styl sal voortleef as inspirasie vir jonk én oud.

Kry jou Audrey-styl in 5 stappe

Stap 1: Die hare

Audrey dra in die meeste van haar flieks ’n elegante Franse rol. Kam al jou hare na een kant toe (byna soos om ’n sywaartse poniestert te maak) en steek dit stewig vas met knippies. Draai die hare terug en opwaarts om ’n rol aan die agterkant van jou kop te vorm en steek die orige hare weg agter die rol.

Audrey se hare was altyd pynlik netjies, dus moet jy los uithang-haartjies vermy. Sy het wel soms haar haarstyl opgekikker met ’n pêrel-haarkam.

 Catlin Hair Comb Silver Catlin Hair Comb Silver

Stap 2: Die klein swart rokkie

Dit is danksy Audrey dat die little black dress tot vandag toe ’n styl-treffer is. Sy het geglo in elegante eenvoud: kies jou rok met dít in gedagte. ’n Moulose knielengte-rokkie met ’n hoë neklyn sal die ding doen. Hy moet goed pas, maar nie te styf sit nie. Onthou om ’n rok te kies wat jou figuur pas.

 Fit And Flare 50s Dress Black Fit And Flare 50s Dress Black

Kies só jou klein swart rokkie

Stap 3: Bykomstighede

Audrey het klassieke bykomstighede bo oordaad verkies. ’n String pêrels, diamant-oorbelle, handskoene (nie van kant gemaak nie) en ’n katoog-sonbril sal die rokkie goed komplementeer.

Cat-eye Sunglasses Cat-eye Sunglasses

Stap 4: Skoene

Aangesien sy lank was, het Audrey meestal lae hakke of plat skoene gedra sodat sy nie langer as haar mede-akteurs was nie. Kies balletskoene in ’n neutrale kleur soos wit, room, of swart.

Moccasins With Sheen Moccasins With Sheen

Stap 5: Grimering

Dit gaan alles oor die oë. Gebruik vloeibare oogomlyner om ’n lyn op jou boonste ooglid te trek. Laat die lyn aan die buitehoek dikker word en effens opkrul, en moenie skaam wees met die maskara nie.

As jy nie geseënd is met haar dik wenkbroue nie, kleur joune donkerder in. Werk lig op die res van die gesig met ’n bietjie blosser en ligte (of geen) lipstiffie. Bly weg van te veel glans op jou lippe.

 2-In-1 Eyeliner Pen 2-In-1 Eyeliner Pen

Internasionale grimeerkunstenaar deel haar grimeerwenke

Die mooiste Audrey-voorblaaie