Mooi bene is die gevolg van kardiovaskulêre oefening én versterkingsoefeninge. Stap en draf is goeie maniere om die groot spiere in jou bene sterk te hou.

Maar Kate fokus ook op haar agterbene - iets wat ons dikwels afskeep.

kate_hudson_for_ann_taylor_summer_2013_ad_02

Model deel haar oefenroetine

Oefening vir jou agterkniesenings (hamstrings)

Lê op jou rug met jou bene uitgestrek en jou hakke op 'n gim-bal. Met jou arms op die grond langs jou sye (palms na onder), lig jou heupe van die grond af en span jou maagspiere. Trek dan die bal met jou bene stadig na jou toe totdat jou voete plat op die bal is.

Hou jou kop en skouers op die vloer. Stoot die bal weer stadig na die begin-posisie. Herhaal 12-15 keer.

Kelly Osbourne deel haar geheim vir dun middeltjie: 'n Hoelahoepel

Hoe het Kate haar lyf ná swangerskap teruggekry?

Met báie sweet. Kate het ná die geboorte van haar tweede kind 6 ure per dag geoefen. "Ek sou 45-55 minute van kardiovaskulêre oefening doen en daarna nog 'n uur Pilates of joga, 3 keer op 'n dag," sê dié aktrise. Maar, soos Gwyneth Paltrow altyd haar intense oefenroetine verdedig - dis hul wérk om altyd goed te lyk.

BeweegSA: Oefenprogram

Bron: Daily Mail