Michelle Obama pronk ewe gemaklik op Time en Forbes se lys as een van die invloedrykste mense in die wêreld as op die lys van Vogue en Sunday Times se stylvolste vroue. Nou het Mikki Taylor, redakteur van die Amerikaanse tydskrif Essence, 'n nuttige boek geskryf hoe om Michelle se tydlose en klassieke styl te kry. Commander in Chic: Every Woman's Guide to Managing her Style like a First Lady is vol wenke en raad oor hoe om soos Michelle aan te trek én haar selfvertroue te kry. Mikki oor Michelle se geheim:

Mev. Obama is gemaklik in haar eie vel. Sy weet wat vir haar werk, sy weet wie sy is en nie is nie.
Michelle Obama

7 top-wenke om Michelle se styl te kry:

  1. Elke vrou moet 'n eenvoudige, netjies gesnyde (clean-cut) rok hê. Die neklyn moet so wees dat jy dit met 'n serp of juweliersware kan versier.
  2. Elke vrou moet kasjmier-knooptruie hê.
  3. Jy kan nooit genoeg swart rokke hê nie. Met die regte bykomstighede kan jy ’n swart nommer van oggend tot aand dra.
  4. Die wyepypbroek: dit lyk goed aan die meeste mense en deur net die bo-stuk aan te pas kan dit formeel of informeel gedra word.
  5. Gesonde hare is beter as 'n modieuse styl.
  6. Doen moeite met jou vel!
  7. Bykomstighede moet vir jou werk. En moenie van jou skoene vergeet nie! Michelle kies gewoonlik skoene in 'n neutrale kleur of in dieselfde kleur as die soom van haar romp of broek.

BRON: Huffington Post

Michelle Obama

Die Michelle Obama-arms

SARIE het reeds in 2009 berig oor die nuutste gier: die Michelle Obama-arms. Maar Amerikaanse vroue neem dit nou 'n stap verder - eerder as om deur dieet en oefening, soos Michelle, ferm bo-arms te kry, verkies hulle om onder die mes te gaan. In die afgelope 13 jaar het 4 000% meer vroue gekies om 'n arm-ontrimpeling te ondergaan. Die Amerikaanse Genootskap van Plastiese Chirurgie meen al meer vroue kies dié operasie omdat meer bekendes deesdae asemrowende arms het. Hulle het bevind die bekendes met die mooiste arms is: Michelle Obama (31%), Jennifer Aniston (29%), Jessica Biel (16%), die Amerikaanse televisie-aanbieder Kelly Ripa (13%) en Demi Moore (11%). En goeie nuus! Dit is net Jessica Biel op hierdie lysie wat onder 40 jaar oud is! 

Michelle en Jennifer skryf hul ferm arms toe aan 'n gesonde dieet en oefening. Jennifer is vir jare reeds versot op joga en het onlangs gesê haar lyf is nou beter as 22 jaar gelede, berig People.

Kliek hier om die oefeninge te sien wat vir Jennifer haar gespierde arms gee.