Van nou af is dit agter die skerms vir Egoli se Krynauw du Buisson, oftewel Hannes van Wyk. Hy het Maandag as lynvervaardiger by Homebrew Films in Kaapstad begin werk. Vir hom is dit 'n nuwe uitdaging en hy val onmiddellik weg met twee opwindende projekte:

  • Koowee, 'n nuwe kinderkanaal van DStv, wat in April op kykNET begin. Homebrew is gekontrakteer om sewe "wonderlike" kinderreekse hiervoor te skiet, sê hy. En hy werk saam met van die bestes in die bedryf, onder andere Hansie en Thea Visagie.
  • Die ander projek gaan Suid-Afrika laat regop sit, verseker hy. Die programreeks, All Access, gaan oor die glitz en glamour en wat agter die skerms aangaan, plaaslik en oorsee. Die eerste program word op 4 Junie op M-Net uitgesaai.

Maar Krynauw gaan later vir 'n maand terug na Egoli om "dinge lelik deurmekaar te krap ... erger as ooit (as dit moontlik is)!" sê Hannes.