Suid-Afrikaners in Australië weet dat die beste medisyne vir huistoe verlang 'n lekker Afrikaanse konsert is. Goeie nuus! Kurt Darren en Arno Jordaan is binnekort saam op pad na Perth, Brisbane en Sydney vir konserte in dié stede.

Jordaan gaan sy splinternuwe album in Australië bekendstel, en dis 'n eerste vir 'n SA kunstenaar. Hy het gister op Facebook bevestig dat die album se naam nou Stukkie van my hartis, ná aanhangers moes stem vir hul gunsteling titel. Kyk ook die musiekvideo hieronder.

Waar kan ek vir hulle gaan kyk?

16 Julie - Sydney
Castle Hill RSL, 19h00
Goue kaartjies ($75), silwer kaartjies (60$) en gesinskaartjies ($150) beskikbaar
Kontak vir Arno Nel by kurtdarrensydney@bigpond.com

17 Julie - Brisbane
Function Centre, 18h00 (Jy kan ook die rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks hier kom kyk as jy jou kaartjie wys!)
Kontak vir Leon Marx by sales.samusicdirect@gmail.com

24 Julie - Perth
Joondalup-arena, 20h00
www.ticketmaster.com.au