Die gewilde sanger, en nou trotse pa, Kurt Darren het gister oor middagete aangekondig dat hy en Dunay ouers geword het. En Netwerk24 berig hulle gaan hul prinsessie Kyrah noem.

Kurt het aan Jacaranda FM gesê hulle het eers ná die geboorte besluit wat hul pienkvoet se naam gaan wees.

“Ons het gegaan vir ’n Bybelse naam. Die naam beteken noble lady,” het hy gesê. Hy het gesê hy voel fantasties, en gespot dat die enigste probleem is dat sy soos hy lyk.

Lees meer oor die geboorte hier.

Kurt het gister sy aanhangers op Twitter bedank vir hul gelukwensings, maar gesê hy kan nie nou almal antwoord nie, want "Pappa is bietjie besig".

Bronne: Netwerk24, Jacaranda FM, Twitter

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie - dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!