Kurt Darren en sy vrou, Dunay, toer tans deur Amerika, waar Kurt in ’n reeks konserte optree. Sover het hulle Texas platgereis!

Tim Theron en sy vrou besoek New York

Die paartjie het Donderdag op hul reis van drie weke vertrek. Kurt se oorsese toer begin in Amerika, waar hy konserte in onder meer Texas, Georgia en Florida hou. Hy het reeds konserte in Houston en Austin, in Texas, gehad. Austin staan bekend as die wêreld se hoofstad van live musiek.

Juanita sing in Amerika

Hy en Dunay het ook tyd gemaak om die stad Dallas te sien voordat hulle met die res van die toer aangegaan het. Hier is van die paartjie se foto's in Amerika.

Hier is Kurt by die Alamo in San Antonio, Texas. FOTO: Facebook Hier is Kurt by die Alamo in San Antonio, Texas. FOTO: Facebook

Eet, drink en dans soos Texas-inwoners

Konsertgangers wat dans nadat Kurt in Bandera, Texas, opgetree het. Hy sê die ervaring was ongelooflik. FOTO: Facebook Konsertgangers wat dans nadat Kurt in Bandera, Texas, opgetree het. Hy sê die ervaring was ongelooflik. FOTO: Facebook

Die Conroe-meer in Texas. FOTO: Twitter Die Conroe-meer in Texas. FOTO: Twitter

James en Anel Alexander kuier in Amerika

Van Amerika af reis die twee na Brittanje en Europa vir nog konserte. Kurt het ook pas die amptelike musiekvideo vir sy lied "Rebel en rats" uitgereik.

Dié video wys twee seuns wat saam speel - in ’n woud, in ’n rivier en op fietse. Maar wat gebeur wanneer daar ’n jong meisie in die prentjie kom? Die lied gaan oor vriendskap - hoe jy en jou beste vriend jul lewe lank al ’n pad saam loop en dié pad ook altyd saam sal stap.

Kyk hier na Kurt se nuwe video.

HOE LANK KEN JY EN JOU BESTE VRIENDIN MEKAAR AL? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!