Kurt Darren, die Kaptein van Afrikaanse musiek, spog met die hoogste CD-verkope in SA vir 2009. Hiermee het hy internasionale kunstenaars soos Josh Groban, Michael Jackson en Susan Boyle 'n ding of twee gewys!

Uit die diepte van my hart (met treffers soos "Af en af" en "Kaptein span die seile") se verkope vir 2009 staan op meer as 160 000. Hierdie CD was ook vir bykans 35 weke op die top 20-verkoperlys (wat weekliks opgestel word). Dít terwyl sy nuutste CD, Beste medisyne, byna dubbelplatinum-status bereik het ná net 'n maand op die rakke!

Die top 30-verkoperlys van 2009 is die afgelope naweek bekend gemaak. Dit word jaarliks bereken. Die top 5 (Kurt is mos eerste) is almal Afrikaanse sangers:

2de plek - Bok van Blerk Afrikanerhart (30 weke op die top 20).
3de plek - Juanita du Plessis 10 jaar platinumtreffers (28 weke)
4de plek - Ray Dylan Breek die ys (23 weke)
5de plek - Rudi (Claase) en Corlea (Botha) Ons lieflinge/Our darlings (22 weke)

Kurt Darren 101

 

En wat sê Kurt?
"Dit is fantasties. Ongelooflik. Dankie aan my getroue ondersteuners en dankie aan my span by Select (Musiek, sy platemaatskappy). Ek het werklik baie om voor dankbaar te wees."

Bron: Nuus24 (Lees die volledige artikel)