Goldie Hawn en Kate Hudson, Reese Witherspoon en Ava Phillippe. Daars ’n paar Hollywood-aktrises wie se dogters ongelooflik baie na hulle lyk.

Die Oscar-wenner Gwyneth Paltrow het Maandag ’n foto van haar oudste, Apple, op sosiale media gedeel. Dit was op haar 14de verjaardag. Apple trek beslis na ’n jonger Gwyneth! Maar kyk jy so na haar rockster-pa, Chris Martin, sien jy ook iets van hóm in haar. 

Kyk net hoe baie lyk Apple soos haar ma:

FOTO: Gwyneth Paltrow in 1992. Getty / Gallo Images


Gwyneth Paltrow se dogter Apple in 2018. FOTO: Getty / Gallo Images


Ma en dogter. FOTO: Instagram / @gwynethpaltrow


Apple in 2017. FOTO: Instagram / @gwynethpaltrow

Pa Chris Martin. FOTO: Getty / Gallo Images


Ook vir ander Hollywood-bekendes val die appel nie ver van die boom nie. Loer hier na nog ma en dogters wat baie na mekaar lyk:

Jennifer Garner en Violet Affleck


Katie Holmes en Suri Cruise


Reese Witherspoon en Ava Phillippe


Cindy Crawford en Kaia Gerber