Angelique Gerber

Angelique het vroeër vanjaar haar Honneursgraad in sielkunde behaal.

Eva Longoria

Eva Longoria

Eva Longoria is 'n kampvegter vir Latyns-Amerikaanse kwessies in Amerika. Sy het Vrydag, 24 Mei haar Meestersgraad in Chinano-studies (Meksikane wat in die V.S.A. grootword) by die Northridge Universiteit in Kalifirnië ontvang.

Daarna het die voormalige Amerikaanse president Bill Clinton haar getwiet om geluk te wens!

Eva Longoria

Dr. Ben Affleck

Ben Affleck

Ben het oor die naweek 'n eredoktorsgraad van Brown Universiteit ontvang. Die Oscar-bekroonde akteur was onder ses kunstenaars, skrywers en opvoeders wat gekies is om dié graad te ontvang, berig Huffington Post.

Brown Universiteit is een van die elite-universiteite in die wêreld, so dit is nie te versmaai dat hulle vir Ben gekies het nie. Sy eredoktorsgraad in die kunste is vir Argo - hy was die skrywer, regisseur, vervaardiger én akteur in die film.

Ben Affleck

Sy vriend en mede-skrywer van Good Will Hunting , Matt Damon, het verlede maand die Harvard Kuns-medalje ontvang.