Die dag waarop die rolprent Susters in ons teaters begin draai, kruip stadig maar seker nader. Die lokprent van dié Afrikaanse chick-fliek is onlangs uitgereik en ons kan nie meer wag nie! Gelukkig kan ons nou ook na die musiekvideo van die temalied, "Nooit alleen", luister.

Die pragtige Afrikaanse sangeres Leah, ons November-voorbladgesig, speel een van die drie susters in die fliek, en selfs Jo Black, die man met die diep stem, maak sy verskyning. Maar nie net het elkeen ’n rol in die fliek nie, hulle sing ook die temalied! "Nooit alleen" is deur die bekende liedjieskrywer en nou ook SARIE se Laaste sê-skrywer Johan Vorster geskryf en ons voorspel dit gaan ’n treffer wees waarop die somer nog baie gedans gaan word.

Kyk die musiek-lusmaker "Nooit alleen" saam met ons ...

En hier is die amptelike lokprent:

Susters begin op 30 Maart 2018 landwyd in rolprentteaters draai.

SARIE is ’n trotse mediavennoot van Susters.

Lees nou

KYK: Die lokprent van 'Susters' is hier!

Ons fliek saam met Diaan, Quanita en Leah! #SARIEsusters

Jo Black: 'Dis nie net geluk nie, dis genade'