Baie oefening en gesonder eetgewoontes.? Vandat sy sowat ’n jaar terug in die gimnasium begin oefen het, het die kilogramme weggesmelt. “En hoe meer gewig ek verloor het, hoe beter het ek gevoel.

Deesdae stap ek vol selfvertroue in ’n klerewinkel se aanpaskamer in, want die klere sit nou gemaklik.” ?Andriëtte vertel sy het nooit gedink sy is oorgewig nie. “Maar ek het altyd op die verhoog gevoel ek moet my broek oor ’n walletjie trek,” lag sy. ?Dis eintlik haar kêrel, Marcel, wat haar aan die oefen gekry het.

“Marcel neem gereeld aan driekamp-kampioenskappe deel en hy het my saam met hom gim toe gesleep wanneer hy gaan oefen het. Ek het eers net ’n paar oefeninge op die gim-toerusting gedoen en bietjie gedraf. Nou oefen ek drie keer in ’n week saam met ’n persoonlike afrigter en stap of draf ook twee keer in ’n week.”

Sy volg nie ’n streng eetprogram nie; sy eet net gesonder, sê Andriëtte. “Ek het opgehou om in die aand stysel te eet. En ek sal in die middae eerder ’n omelet met ’n gesonde vulsel as ’n toebroodjie eet. Ek eet dus meer proteïene en minder koolhidrate.”

Andriëtte erken sy geniet steeds oor naweke lekkernye soos pizza as sy lus is daarvoor. “Maar ek tel nie gewig op nie omdat ek so baie oefen. Ek voel fantasties. Voorheen wanneer ek uit die stort geklim het en my lyf nog so ’n bietjie nat was nadat ek dit afgedroog het, het ek gesukkel om my broek aan te trek. Ek het skoon in ’n sweetjie uitgeslaan soos ek gespook het. Nou gly my broek aan my lyf!”

                                            VOOR                                           NA
Andriëtte voor sy haar nuwe lewenstyl afgeskop het
Andriëtte soos sy nou lyk