'n Nuwe snit van Chris Chameleon se nuwe Afrikaanse CD, Kyk hoe lyk ons nou, is binne jou ore se bereik. Besoek net www.mymusiek.co.za om “Lucille” gratis af te laai. Die CD is van 13 Maart in winkels en op dié webwerf te koop. Kyk hoe lyk ons nou is ook die titel van ’n nuwe TV-reeks van 4 episodes wat later vanjaar op kykNET uitgesaai word. In dié reeks reis Chris met ’n kameraspan deur Suid-Afrika en bekyk die Afrikaanse taalgemeenskap se dinge. Hy is gevra om ook ’n temalied te skryf, en hy was só geïnspireer dat dié opdrag tot die nuwe CD gelei het. Hy verken daarop die tema “kyk hoe lyk ons nou” ook op persoonlike vlak – kyk net die treffende CD-omslag hierby.