In  2010 het almal 'n fassinasie met als wat zef is gehad, maar o wee, die mooie Skotse akteur, Gerard Butler, met 'n smerige 'biker-boy' voorkoms en 'n mullet-haarstyl...?!

Geharde Butler-fans, wees gerus. Sy 'nuwe' voorkoms het als te make met sy nuutste fliek, Machine Gun Preacher - 'n ware verhaal van 'n dwelmhandelaar en 'biker' wat weeskinders in Soedan red. Groot dele van die fliek is glo in die Detroit-woonwapark geskiet.

Nie so sjiek!

In die werklike lewe is Gerard 'n man van vele talente. Hy het 'n regsgraad en was ook die hoofsanger van 'n Skotse rock-groep, Speed. Sy gunsteling-akteur is Christian Bale.