Dié haarstyl het talle in Hollywood verlei: Michelle Williams, Keira Knightley, Harry Potter se Emma Watson en nóú Kate.

Sy verskyn nou op die April-voorblad van Britse Vogue, - haar derde Vogue-voorblad in haar loopbaan - waar sy oor haar nuwe kapsel en oor haar nuwe lyf en lewe gesels. Mario Testino, die Britse fotograaf wat destyds die pragfotos' van prinses Diana geneem het, het ook dié foto's geskiet.

Kate het onlangs Parys toe getrek om te werk aan die nuwe Roman Polanski-fliek, God of Carnage. Die 35-jarige aktrise spog met 'n nuwe slanker lyf danksy Pilates en draf. Sy's ook enkellopend ná haar egskeiding verlede jaar van regisseur Sam Mendes.

Klik om nog 'n foto van Kate se nuwe haarstyl te sien!

Wat dink jy daarvan? Laat weet ons hieronder in die kommentaarboks.