Was daar hoegenaamd iets wat hy nié kon doen nie? Gee hom ’n stukkie foelie en ’n haarknippie en hy wikkel hom los uit enige situasie.  Ja, dit was ons secret agent Angus MacGyver. En vanaand om 20:30 is hy terug op die kassie (M-Net, DStv-kanaal 101)!

Lucas Till van X-Men-faam neem oor by Richard Dean Anderson, wat dié rol in die 80's gespeel het. En dit beloof om net soos die oorspronklike reeks vol aksie en slim MacGyver-planne te wees!

Só het Richard destyds as MacGyver gelyk:

Só lyk hy nou:

En só lyk die nuwe MacGyver, die jong Lucas Till:

MacGyver

Nóg nostalgie vanaand

Archie is terug! Die gewilde strokieskarakter is saam met Hermione, Jughead, Veronica en Betty om 21:30 "in lewende lywe" te sien in Riverdale (M-Net, DStv-kanaal 101).

Die reeks is donkerder as die Archie van ons kinderdae, maar as jy van Vampire Diaries en Gossip Girl gehou het, sal jy ook dié reeks geniet.

Riverdale

Kyk na die lokprent hier:

Lees nou

2017 se TV-seisoen skop af met Lady Gaga as Donatella Versace

#SARIEfees is hier!

Sienna Miller se ma is … Afrikaans!