Nigella, wat gewoonlik haar vroulike kurwes in rokke beklemtoon, het vir dié fotosessie ’n manlike voorkoms gekies. Sy is die enigste vrou onder die top-10 wat om die gesogte titel van sjef van die dekade meeding.

FOTO: Daily Mail FOTO: Daily Mail

Die sjef-wêreld word gewoonlik deur mans gedomineer, terwyl die kombuis dikwels nog gestereotipeer word as ’n "vrou  se plek". Hieroor het Nigella baie te sê.

"Om gemaklik te wees in die kombuis is belangrik vir almal - man of vrou. Baie vroue van my generasie wil nie in die kombuis wees nie, want hulle wil nie in daardie stereotipe vasval nie, maar hulle het begin om ’n vrees vir die kombuis te ontwikkel - dis nie goed vir enigiemand nie."

Nigella sê sy is altyd verbaas as mense haar vra of sy ’n feminis is. "Natuurlik is ek! Net omdat ek die kombuis my eie ruimte maak, beteken dit nie ek het ’n kaalvoet-voor-die-stoof-mentaliteit nie."

Waarom werk Nigella se rok vir haar lyf?

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

  • Die ryg-plooie én die rok se neklyn is vleiend en vroulik en beklemtoon haar vroulike kurwes.
  • Die rok se moue sny haar arm op die regte plek, want die moue is nie te lank nie en eindig op die grootste deel van die bo-arm - ’n plek waaroor baie vroue sensitief is.
  • Nigella se bates word beklemtoon deur die klassieke silhoeët wat die rok skep.
  • Die rok se materiaal wys nie "foute" soos byvoorbeeld satyn nie. Dit sit styf, sonder dat dit span.
  • Rooi is ’n kleur wat by baie mense pas - van ’n ligte vel tot ’n donkerder vel. Omdat dit ’n sterk kleur is, moet jy nie jou uitrusting oorlaai met bykomstighede of swaar grimering nie.

Nigella se voorkoms in die SARIE-winkel

Pencil Dress With Cap Sleeves (links) en Ballerina Sleeve 3/4 Dress (regs)

Nigella en Charles Saatchi

Nigella en Charles se skeisaak het begin ongeveer ’n maand nadat steelfoto’s verskyn het waarin dit lyk asof Charles vir Nigella wurg. (Klik hier vir die foto's.) Hy het daarna gesê dié insident lyk erger as wat dit is, en was net ’n speelse bakleiery. Lees meer hier.

Hý was die een wat sowat twee weke later vir Nigella gevra het om te skei, omdat sy hom nie in die openbaar verdedig het nie. Nigella het nog nie kommentaar oor die skeisaak gelewer nie, maar het die dag ná die voorval uit die huis getrek en sy het haar trouring afgehaal.

Hoe hanteer ek ’n egskeiding?

Nigella het dieselfde prokureur gekry wat prins Charles verteenwoordig om haar te verdedig in die skeisaak wat glo in Augustus gefinaliseer is. Hierna het Nigella in Los Angeles gaan vakansie hou.

Die 70-jarige Saatchi en die Britse televisie-persoonlikheid Trinny Woodall van What Not to Wear gaan nou uit en is al by verskeie geleenthede saam afgeneem.

Bron: Daily Mail