Sy het glansryk – sonder enige tekens van moegheid – haar super-sexy rondings in 'n styfpassende rooi Alice Temperley-rokkie gewys toe sy manlief Jay-Z tydens sy Carnegie Hall-konsert ondersteun het. Met trendy blou naellak, 'n goue palmhandsak van Alexander McQueen en Christian Louboutin-skoene was sy voor in die modekoor.

Baba Blue Ivy het op 7 Januarie vanjaar haar verskyning gemaak. Jay-Z het ook tydens die vertoning die skare gevra om sy dogter se naam uit te skree en het emosioneel geraak toe hy die liedjie, Glory, gesing het. Hy het dit kort ná sy eersteling se geboorte vrygestel.

* Besoek ook www.beyonceonline.com