Die Grammy-wenner Jennifer Lopez word vanjaar 50 en die kuberruim kan steeds nie glo hoe goed sy lyk nie. Ja, dis geen geheim dat sy ’n gesonde eetplan volg en elke dag oefen nie. Maar J-Lo kan ook haar ma, Guadalupe Rodriguez, vir haar goeie gene bedank.

Guadalupe is glo in haar sewentigs.

Die Hollywood-ster, ook bekend as Jenny from the Block, is onlangs saam met haar ma gekiek by die bekendstelling van haar nuutste fliek, Second Act.

En dis duidelik, soos die gesegde lui: Die appel val nie ver van die boom af nie.

FOTO US Weekly
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images