’n Video van die mense se konsternasie het vandeesweek soos ’n veldbrand op sosiale media versprei, maar dit is reeds in 2016 vir ’n program op BBC One opgeneem. 

In die insetsel werk die vermomde sanger as ’n assistent by ’n winkel wat elektronika verkoop. 

Met slim grimering en ’n Suid-Afrikaanse aksent is dit moelik om te raai dat Dion van Johannesburg eintlik Michael Bublé van Kanada is.

Wanneer hy egter ’n mikrofoon “toets” deur een van sy treffers te sing, is die winkelgangers se reaksie skreeusnaaks wanneer hulle besef wie hy eintlik is.

Kyk die video hier: