Wat op aarde maak Donald Trump en Kanye West saam in een vertrek? Die internet gons oor Amerika se volgende president en dié sanger wat verlede week by die Trump Towers vergader het. Volgens die "Famous"-sanger se sosiale media het die twee bymekaargekom om oor Amerika se multikulturele kwessies te gesels.

  Ons is baie nuuskierig oor wat hy bedoel met #2024 in sy laaste twiet. Kanye is onlangs uit die hospitaal ontslaan. Hy het na bewering ’n psigotiese episode beleef weens dehidrasie en uitputting. Kanye het dalk by Donald Trump gekuier, maar die komediant Trevor Noah was onlangs in die Withuis waar hy ’n onderhoud met president Barack Obama gevoer het. Kyk dele van die onderhoud hier:

Lees nou:

Jy sal nie glo wat dié Kardashian vir Kersfees gekry het nie!

Dié celebs se foto’s breek die internet!

Kyk die TV-sterre se mooiste troue!