Boetie en Beast word gedwing om 'n road trip te voet aan te pak, in 'n poging om vrede te maak. Maar min weet hulle dat die trip vir 'n TV-realiteitsprogram verfilm word. Dié skreeusnaakse fliek word op 22 Junie vanjaar landwyd bekend gestel.

4 van die 10 top-flieks wat die meeste wins in SA getoon het, is deur Schuster gemaak.

"Ek kan nie wag om die lokprent vir aanhangers te wys nie! Ek kan ook nie wag om te hoor wat hulle van die fliek dink nie," het Schuster gesê. Alfred Ntombela, wat al jare in Schuster se flieks speel, is wéér te sien. Dié keer vertolk hy die rol van Mr Mda, die minister van toerisme.

Gray Hofmeyr is die regisseur en Mad Buddies word vervaardig deur Helena Spring.

Bly op hoogte! Volg Mad Buddies op Facebook