Prins Harry en sy pragtige vrou, Meghan Markle, is tans op ampsbesoek aan Australië. Natuurlik kan niemand genoeg kry van die swanger Meghan en haar stylvolle uitrustings nie.

Maar vir ’n slag is dit nie Meghan wat óns aandag trek nie, maar haar rooikopprins. Hoekom? Want hy dra vellies!

Vellies is ’n ou gunsteling onder Suid-Afrikaanse mans, so dis net ’n bonus dat dit tans ook ’n trend is. En watter beter mens as prins Harry om ons manne te verteenwoordig as dit by mode kom?

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images