
Donnalee Roberts kuier die week saam met die aktrise Rozanne McKenzie tydens die sewende episode van Stroomop se DIY-reeks, "DIY for the Concrete Jungle".
Rozanne McKenzie deel wyse lewenslesse. En sy wys jou hoe jy elke dag op ’n positiewe noot kan begin! Loer hier:
Stroomop word op 9 Augustus landwyd in fliekteaters uitgereik. Tot dan kan jy elke Woensdag uitsien na talentvolle vroue se inspirasie en wenke op SARIE.com.
Waaroor gaan Stroomop? Oor vyf vroue wat nie net die Oranjerivier moet aandurf nie, maar ook hul eie probleme en seer leer takel. In die rolverdeling is Donnalee Roberts, Ilse Klink, Carla Classen, Chanelle de Jager, Simoné Nortmann en Armand Aucamp. Donnalee was saam met Ivan Botha ook die draaiboekskrywer, terwyl Ivan ook die regie behartig het.
Kyk die lokprent hier: