GWK se animasie-advertensie “Hierdie man bou ’n ruimtetuig” het in 2015 verskeie gesogte plaaslike toekennings verower, van ’n Loerie tot vier Pendorings. Dit het wyd opslae gemaak en is selfs by toekenningsgeleenthede in Londen en New York vertoon. 

En welverdiend! Die advertensie het boere op ’n vernuwende wyse uitgebeeld en verskeie innoverende animasietegnieke is in die vervaardigingsproses gebruik.

Nou, vier jaar later, werk GWK weer saam met MullenLowe, Bewilder TV, John Deere Financial en Valley Irrigation om erkenning te gee aan SA boere. Hul nuwe advertensie, wat einde September uitgereik is, beloof om selfs ’n groter impak te hê.

Dié opvolg, “Ou MacDonald het ’n plaas”, kyk na hoe landbou oor die jare verander het en kennis van geslag tot geslag oorgedra word. Dit is slegs 90 sekondes lank, maar het die vervaardiger Bewilder TV twee jaar geneem om te maak. ’n Ingewikkelde tegniek genaamd “stop-frame”-animasie is ingespan om elke breukdeel van ’n sekonde se bewegings in ’n kombinasie van stil-foto’s vas te vang. ’n Gedetailleerde stel van die plaas is ook vooraf gebou en karakters ontwikkel. 

Dit gons reeds op sosiale media oor die advertensie, en Suid-Afrikaners kan met reg trots wees op dié innovasie – in landbou en in animasie! Kyk die advertensie hiér.

GWK is die hoofborg van #OnsBoereOnsInspirasie, ’n nuwe TV-program wat SARIE en kykNET saam aanpak. Die eerste episode word op Donderdag 3 Oktober om 21:00 uitgesaai. Maak seker jy hou kanaal 144 dop!

Volg GWK op Facebook, Instagram, Twitter en YouTube