Sy vrou het haarself reeds in die ontwerperswêreld gevestig met haar eie klerereeks; Victoria Beckham se klere word deur bekendes soos Cameron Diaz, Kylie Minogue en Demi Moore gedra.

Nou lyk dit vir ons manlief volg in haar voetspore...

David Beckham was vir vier jaar lank die gesig van Emporio Armani se onderklere-reeks. 'n Vennootskap baie voordelig vir albei partye - Beckham het sowat R224 miljoen verdien vir die veldtog, terwyl Armani-broekies se verkope met sowat 30% gestyg het toe hy die gesig (of liewer, die lyf) van die handelsnaam was.

En as sy onderklerereeks goed doen, beplan David ook skoonheidsprodukte vir mans, verklap 'n ingeligte bron. Metro-manne, hier kom 'n ding!

Die paartjie wat al vir 11 jaar getroud is, vertel aan Hello hulle is gelukkiger as ooit. Vic sê: "Ek en David is sielsgenote. Voor jy in 'n huwelik ingaan, weet jy daar gaan goeie en slegte dae wees. Omdat ons in die openbare oog is, het ons meer as jou allerdaagse paartjie wat ons moet hanteer.  Dit het ons lank terug aanvaar. Dit gaan net oor ons en ons gesin."

Verder vertel David  aan Hallo  dat dit vir hulle belangrik is om vir mekaar tyd te maak en dat hulle elke Woensdagaand 'n date night het!