Natalie (31) en die Franse danser en choreograaf, Benjamin Millepied (35), het in 2009 op die stel van haar donker trefferfliek, Black Swan, ontmoet. Hul seun, Aleph, is nou 14 maande oud. Ná 'n verlowing van twee jaar het dié twee uiteindelik Saterdag tydens 'n private Joodse seremonie trou aan mekaar beloof.

Sy dink daaraan om Franse burgerskap aan te neem en volgens haar, só die drome van haar ouers te verwesenlik. Die gesin het toe Natalie 14 jaar oud was in Parys gewoon en sy is vernoem na dié Gilbert Bécaud-liedjie.

Natalie, een van Dior se gesigte, het ook vir hul nuutste advertensieveldtog bostukloos geposeer. Die Oscarwenner is deur bekende fotograaf Mario Sorrenti gekiek en bemark die nuwe Diorskin Nude-reeks. Werklik 'n natuurlike skoonheid!

Natalie Portman vir Dior Nude Skin