Dié lys maak dat jy sommer dadelik jou sokkerskoene wil aantrek en begin oefen! Forbes het gister hul jaarlikse lys vrygestel van atlete wat in 2016 die meeste geld verdien het. 

Die eerste vrou op die lys is die tennislegende Serena Williams, op nommer 40. Die Russiese tennisspeler Maria Sharapova het ook die lys gehaal, maar sy is nommer 88.

Hier is die top-10 rykste atlete:

10. Kobe Bryant, basketbalspeler

Hy verdien $50 m (sowat R741 miljoen).

9. Jordan Spieth, gholfspeler

Hy verdien $52,5 m (sowat R783 miljoen).

8. Phil Mickelson, gholfspeler

Hy verdien $52,9 m (sowat R785 miljoen).

7. Cam Newton, Amerikaanse voetbalspeler

Hy verdien $53,1 m (sowat R787 miljoen).

6. Novak Djokovic, tennisspeler

Hy verdien $55,8 m (sowat R828 miljoen).

5. Kevin Durant, basketbalspeler

Hy verdien $56,2 miljoen (sowat R787 miljoen).

4. Roger Federer, tennisspeler

Hy verdien $67,8 m (sowat R1 miljard).

3. LeBron James, basketbalspeler

Hy verdien $77,2 m (sowat R1,1 miljard).

2. Lionel Messi, sokkerspeler

Hy verdien $81,4 m (sowat R1,2 miljard).

1. Cristiano Ronaldo, sokkerspeler

Hy verdien $88 m (sowat R 1,3 miljard).

Lees nou

Maria Sharapova baklei terug

Só toer krieketkaptein AB met klein AB