“Ja-nee,” lag Sorina Erasmus effe verleë. “As die onstuitbare Flooze kom saai ek alweer amok in die Laan!”

Die Willekind van Witbank is van 16 November af te sien in ‘n splinternuwe storielyn wat tans geskiet word en wat groot vermaak vir die kykers beloof.  

Dié keer is sy’s minus Neef Gert, want “hy’t die morals van ‘n bosaap met rabies” en as sy daai tappet ooit weer teëkom gaan die bloed loop! Maar sy check die nuwe talent in die Laan uit met ‘n waarderende oog. Bernard se spiere word bevoel en die nuwe mannetjie in T&T word gechaff, maar dis Rowwe Jack se sexy kuite wat haar knieë lam maak!

Wilde partytjies, moleste in die deli en bokkoppe teen mure is maar ‘n paar van die dinge wat haar groot tjomma, Paula, laat ril as Flooze noem dat sy dalk in Jozy kan settle!

Dis net vir Maria wat die Flooze ontsag het - maar om uit te vind hoekom, sal die kykers maar moet inskakel op 7de Laan in November.