Met die koms van ’n nuwe seisoen raak die meeste van ons lus vir ’n verandering. Party van ons koop ’n splinternuwe klerekas, ander wil ’n gesonder leefstyl aanpak en nog ander gaan besoek die haarkapper.

’n Nuwe haarstyl is so goed soos ’n vakansie, dis ’n feit soos ’n Jersey-koei. Geen wonder die Amerikaanse aktrise Julianne Hough het besluit om hare wéér te verander nie.

’n Paar maande gelede het die pragtige Julianne haar blonde lokke rooi gekleur. Op Instagram skryf sy dat sy nog altyd soos ’n vurige rooikop gevoel het. Vir ’n tyd het sy die rooi hare geniet, maar nou is sy weer ’n blondine. 

Julianne het pragtig as ’n rooikop gelyk. FOTO Instagram/ Julianne Hough
Weer ’n blondine! FOTO Instagram/ Julianne Hough

Julianne het nie haar redes verklap nie. Gelukkig vir haar lyk sy ongelooflik met blonde én rooi hare.

Hier's ander bekendes wat ook eens blond was:

Jessica Brown Findlay, Britse aktrise

FOTO'S Getty Images/ Gallo Images

Emma Stone, Oscar-wenner

FOTO'S Getty Images/ Gallo Images

Bella Hadid, model

FOTO'S Instagram/ Bella Hadid

Anne Hathaway, Oscar-wenner

FOTO'S Getty Images/ Gallo Images

Kim Kardashian, realiteitster

FOTO'S Instagram/ Kim Kardashian

Marion Cottilard, Oscar-wenner

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Emilia Clarke, Britse aktrise

FOTO'S Getty Images/ Gallo Images