Met die Fiëstas word hulde gebring aan die beste kunstenaars en produksies wat hul debuut in 2012 op Afrikaanse kunstefeeste landwyd gemaak het. Die wenners word op 21 Maart 2013 op ’n glansryke geleentheid in Pretoria bekend gemaak. Dié gala-aand word vanjaar die eerste keer in die Staatsteater gehou en die teater-grote Ian von Memerty is aan die stuur van sake.
 
Die benoemings is in 15 kategorieë bekend gemaak en dit sluit onder andere dié in vir beste nuwe Afrikaanse stuk, beste prestasie in ’n musiekproduksie, beste akteur en beste aktrise. Kunstenaars wat met meer as een benoeming spog is onder andere, Amanda Strydom (Voor ek vergeet en Wierook en mirre), Marli van der Bijl vir Putsonderwater, Sandra Prinsloo vir Oskar en die pienk tannie en Wessel Pretorius (Ont, N is vir neurose en Vagina Dentata).


Jy het ook ’n sê in die Fiëstas se oorhandiging en kan vir die toekennings vir die gewildste kunstefees en gewildste Fiesta-aanbieder stem.

Die feeste wat benoem is, is Innibos (A1), die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (A2), die Renoster Horingfees (A3) en die Vryfees (A4). Vir laasgenoemde is die benoemdes André van der Merwe (B1), Jennifer Zamudio (B2), Monique (B3) en Niël Rademan (B4).
 
Lede van die publiek kan in dié kategorieë begin stem deur die kode langs die fees of aanbieder se naam na 33690 te SMS.

Die benoemings (in geen bepaalde volgorde nie) vir die 2013 kykNET Fiëstas is:
 
Beste Akteur
1.    Albert Pretorius           Nagwond
2.    Terence Bridgett         Master Harold en die Boys
3.    Tobie Cronjé               My man se vrou se man
4.    Wessel Pretorius         Ont
 
 
Beste Aktrise
1.    Alida Theron              Op Dees Aarde
2.    Marli van der Bijl        Putsonderwater
3.    Amanda Strydom       Voor ek vergeet
4.    Sandra Prinsloo          Oskar en die pienk tannie
 
 
Beste Manlike Byspeler
1.    Wessel Pretorius        N is vir Neurose
2.    De Klerk Oelofse        Ubu en die Secrecy Bill
3.    Johann Nel                Putsonderwater
4.    Stian Bam                 Babbel/Bos/Vrou vantevore

Beste Vroulike Byspeler
1.    Anna-Mart van der Merwe     Doodsnikke
2.    Hannah Borthwick                N is vir Neurose
3.    Karli Heine                          Op Dees Aarde
4.    Wilna Snyman                     Op Dees Aarde
 

Beste Regisseur

1.    Wessel Pretorius         Ont
2.    Pieter Venter              Putsonderwater
3.    Lara Bey                    Oskar en die pienk tannie
4.    Marthinus Basson       Op Dees Aarde

Teaterontwerp
1.    Marthinus Basson       Bos (stelontwerp)
2.    Marthinus Basson       Op Dees Aarde (stelontwerp)
3.    Johan Ferreira            GPS vir die lewe (beligting)
4.    Patrick Curtis             Doodsnikke (stelontwerp)

Beste Prestasie in ‘n Musiekgedrewe Produksie
1.    Emo Adams                           Plekkie in die son
2.    Amanda Strydom                   Wierook en mirre
3.    Vagina Dentata                      Vagina Dentada
4.    Janine Neethling                    Wierook en Mirre

Beste Musiekproduksie
1.    Christiaan Olwagen     Vagina Dentata
2.    Basil Apolis                 ‘n Plekkie in die Son
3.    Koos Kombuis             GPS vir die lewe
4.    Amanda Strydom        Wierook en mirre

Beste Solo-vertoning
1.    Marion Holm             Holmakiesie
2.    Wessel Pretorius       Ont
3.    Sandra Prinsloo         Oskar en die pienk tannie

Beste Nuwe Afrikaanse Opvoering
1.    Wessel Pretorius         Ont
2.    Christiaan Olwagen     N is vir Neurose
3.    Marlene le Roux          ‘n Plekkie in die Son
4.    Basil Apolis                 ‘n Plekkie in die Son
5.    Schalk Schoombie       Liefde, Anna
6.    Louis van Niekerk       Liefde, Anna

Beste Prestasie in Klassieke Musiek
1.    Winand Grundling                  14 Stasies van die Kruis
2.    Consort                                 Venetian Tonic
3.    Trio met ‘n Twist                    Trio met ‘n Twist
4.    Kelebogile Boykanyo              Vocal Recital

Beste Prestasie in Dansteater of Fisieke Teater
1.    Xolani Ntombela                    African Rhythms
2.    Keepsake Minus 3                  Keepsake Minus 3
3.    Mamela Nyamza                    Okuya Phantsi Kwempumlo / The Meal

Beste Prestasie in Visuele Kuns
1.    Diek Grobler                           Fopspeen Moving Pictures
2.    Katie Barnard du Toit              Vrees en Verlies
3.    Paul Emsley                            Feeskunstenaar: Woordfees
 
 
Beste Aanbieding
1.    Nicola Hanekom         Babbel
2.    Hugo Theart              Op Dees Aarde
3.    Wessel Pretorius        Ont
4.    Marthinus Basson       Op Dees Aarde
5.    Lara Bey                   Oskar en die pienk tannie

Beste Opkomende Kunstenaar
1.    Marli van der Bijl        Putsonderwater
2.    Christiaan Olwagen    N is vir Neurose
3.    Winand Grundling       14 Stasies van die Kruis
4.    Wessel Pretorius         Ont



Kaartjies om hierdie jaar se kykNET Fiëstas by te woon is by Computicket beskikbaar. Volg kykNET op Facebook vir meer inligting. Vanjaar se borge is: PLATINUM: kykNET  GOUD: Clover, Die Dagbreek Trust en Toyota.