Dié opwindende nuwe kanaal bestaan uit verskillende afdelings met Afrikaanse musiekvideo's, van toeka tot nou.

In die oggende wys Wekker!, 'n aflewering propvol musiekvideo's om jou oggend op te kikker. Dan volg  Kowee Kleuterklanke vir die jongspan. Daarna word Mengelmoes uitgesaai en dit gaan huishoudelike takies baie maklik en plesierig maak.

Etensuur wys Asemskep. En #Duidelik! is spesiaal vir tieners. Laatmiddag volg Skoffel, gevolg deur Witwarm-mengsel. Vir die naguile is daar vermaak op Deurnag.

Naweke bring lekker dinge met vermaak vir die hele gesin. Vrydag is dit Kuiertyd, en Saterdagaand kom Sakkie Langarm aan die beurt.

Op Sondae word Jukebox en DKNT Gospel uitgesaai.

Kom sing, luister en kyk saam – die kykNET Musiek, kanaal 146 op DStv. Vanaf Dinsdag 13 November 2012.

Sluit aan by die kykNET Musiek-Facebookblad.