As daar nou een persoon is wat geen bekendstelling nodig het nie, is dit Kylie Jenner. En die 21-jarige entrepreneur is weer in die nuus!

Kylie verskyn tans op die voorblad van Glamour-tydskrif - eintlik drie voorblaaie! - en lyk absoluut beeldskoon. Maar dis haar nuwe titel wat ons aandag getrek het: Skoonheid-ikoon.  

Dis glad nie so vergesog nie. Kylie het immers haar grimeerbesigheid, Kylie Cosmetics, opgebou tot ’n netto waarde van R13 miljard - en dit in net drie jaar!

Kylie se lip kits het die skoonheidswêreld verander, en net daarvoor kan sy as ’n ikoon beskou word.

Hier is die 3 voorblaaie:

Voorblad 1

FOTO Instagram/ @kyliejenner

Voorblad 2

FOTO Instagram/ @kyliejenner

Voorblad 3

FOTO Instagram/ @kyliejenner