Oor twintig dae is dit Kersfees! En party van ons het reeds ons Kersboom afgestof, versierings gehang en liggies aangesit.

In Hollywood haal die bekendes natuurlik uit en wys hoe dit behoorlik gedoen word. Veral die Kardashians en Jenners verras aanhangers elke jaar met hul ongewone Kersdekor.

Die jongste suster, Kylie Jenner, wat 'n fortuin met haar grimering verdien, het vanjaar op 'n goue Kersboom besluit. En dis nie 'n boom wat jy sommer in enige winkel kan kry nie.

Jeff Leatham, bekende blomkunstenaar, is elke jaar die kreatiewe brein agter die gesin se Kersdekor.