In 2016 het die realiteitster en grimeerliefhebber Kylie Jenner besluit om haar lippe voller te laat lyk deur vullers te gebruik. Haar voller lippe het hierna die "gesig" geword van die lipstiffies in haar grimeerreeks, Kylie Cosmetics.

Maar nou het sy besluit om die vullers te verwyder, berig People

Sy het met 'n Instagram-foto haar "nuwe" lippe onthul. Die foto het kommentaar van miljoene van haar volgelinge ontlok. "Sy lyk weer soos die ou Kylie," het een aanhanger geskryf.

Toe 

Nou

A post shared by Kylie (@kyliejenner) on

Kylie skroom nie deesdae om meer natuurlik op haar foto's te verskyn nie. Sy deel dikwels foto's van haar sonder grimering aan waar haar pragtige sproete duidelik sigbaar is.

Sy het voorheen erken sy het reeds op 15-jarige ouderdom besluit om lipvullers te kry. "Ek het onseker oor my lippe gevoel omdat ek vreeslike dun lippe het. Met my eerste soen het die ou gesê ek gaan nie 'n goeie soener wees nie omdat my lippe te dun is."

Wat is die verskil tussen vullers en Botox?

Die meeste vullers bestaan uit hialuronsuur, 'n stof wat ook natuurlik in jou vel voorkom. Dit word hoofsaaklik gebruik om volume in jou gesig te bou sodat dit voller en plomp lyk ('n verlies aan volume is een van die grootste tekens van veroudering). Botoks word in die gesig ingespuit om spiere tydelik te verswak en plooie en lyntjies te versag. Omdat dit nie soos vullers volume bou nie, werk dit beter vir oppervlakkige lyntjies soos die fronslyn tussen jou oë en die fyn lyne op jou voorkop en rondom jou oë.