Kylie, wat self in 2005 met borskanker gediagnoseer is, het by ontvangs van die eredoktorsgraad voor 'n gehoor van 220 gesondheidswetenskappe-studente gesê: “Navorsing op hierdie gebied is van kardinale belang. Ek het eerstehandse ondervinding, en kan met sekerheid sê dat dit baie nodig is – kankerlyers maak staat daarop.”

Kylie, wat self nooit op universiteit was nie, het geskerts deur te sê haar pa gaan baie trots wees op die foto’s van haar in die tradisionele akademiese toga en hoed.

Klik hier vir ’n video wat by die geleentheid geneem is.