Daar is net een "Kylie" en dis nou Kylie Minogue. Dié Australiese sanger het ’n regsgeding teen die realiteitster en entrepreneur Kylie Jenner gewen oor die gebruik van die naam "Kylie" as handelsmerk, berig Huffington Post Australia.

In 2014 het Jenner in Amerika aansoek gedoen om die naam "Kylie" as haar handelsmerk te registeer en te patenteer. Toe Minogue daarvan te hore kom, het sy onmiddellik ’n stokkie daarvoor probeer steek. Sedert haar loopbaan in 1979 begin het, het sy ook dikwels net as Kylie bekend gestaan. Haar eerste album is ook Kylie (1988).

Minogue se regspan het ’n lys van argumente aan die Amerikaanse Patent en Handelsmerk-kantoor gestuur, berig Daily Mail. Haar regspan het Jenner as ’n "tweedegraadse realiteitster" beskryf en uitgelig dat Minogue "nie net ’n superster is nie, maar ook ’n aktivis vir borskanker en filantroop is".

A photo posted by Kylie Minogue (@kylieminogue) on

Jenner se aansoek is toe van die hand gewys. Eina! Maar sy het glo reeds ’n appél ingedien.

Tot dan, is "Kylie" kort vir Kylie Minogue.

Verlede week het Minogue haar verlowing met die 28-jarige Britse akteur, Joshua Sasse, verbreek. Die paartjie het verlede jaar in Februarie verloof geraak. Sy het die hartseer nuus op Instagram bevestig.

Lees nou

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Lady Gaga skitter by Super Bowl

Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!