"'n Skouspel!" "Extravaganza". "Godin van Liefde". Dis hoe Kylie en haar wêreldtoer in die media wêreldwyd beskryf word!

En dis waarna Suid-Afrika kan uitsien wanneer sy haar 'Aphrodite Live' 2011 wêreldtoer op 8 en 9 Julie by die Sun City Superbowl in Johannesburg en 13 en 14 Julie by die Grand Arena in Kaapstad aanbied.

Kylie sien baie uit na haar Suid-Afrikaanse kuiertjie. "Ek het al jare lank 'n geleentheid gesoek om in Suid-Afrika op te tree."

Die album Aphrodite is in Julie 2010 vrygestel en is Kylie se vyfde nommer een-album - presies 22 jaar ná haar suksesvolle debuut-album, Kylie. Met CD-verkope van meer as 60 miljoen, is sy een van die wêreld se mees suksesvolle sangers.

Bespreek jou sitplek vir die skouspel van die jaar by Computicket!

Besoek ook www.kylie.com

Kylie Aphrodite Les Folies

JY KAN WEN!

2 sarie.com-gebruikers kan élk die volgende prys wen:

* 1 stel Kylie - The Albums 2000 - 2010 wat bestaan uit 5 CD's ter waarde van R200.

Kylie Minogue The Albums 200 - 2010

* Kylie Hits CD/DVD ter waarde van R150.

Kylie Hits

Skryf só in:

Antwoord die vraag hieronder: Wat is jóú gunsteling Kylie-treffer?

Sluitingsdatum: 29 Junie 2011

KYLIE IN GETALLE...

* 9 uitverkoopte wêreldtoere

* 11 studio-albums

* 8 konsert-DVD's

* 1 linnereeks

* 8 parfuums deur die 'Kylie Minogue House of Parfums'