Die sangeres Lady Gaga het pas 'n Hollywood-fliekrol losgeslaan. Só berig Harpers Bazaar. Dié ster, wat veral aan haar uitspattige kostuums geken word, speel binnekort in Sin City: A Dame To Kill For. Dié fliek is 'n opvolg van die oorspronklike Sin City (2005), en gebaseer op Frank Miller se strokiesroman. Gaga speel die (klein) rol van 'n kelner.

Ander bekendes in die fliek sluit in Jessica Alba, Eva Green en Bruce Willis.

Gaga het dié nuus op Instagram saam met dié foto (onder) aankondig, en ook mede-akteur Joseph Gordon-Levitt as haar gunsteling uitgesonder.

Sin City: A Dame To Kill For begin op 22 Augustus in teatersin Amerika draai.

Lees die volledige artikel hier

FOTO: Lady Gaga in die nuuste Versace- veldtog (Versace Lente 2014) FOTO: Lady Gaga in die nuuste Versace- veldtog (Versace Lente 2014)