Die Grammy-wenner Lady Gaga se ster skyn net al hoe helderder.

Haar debuut-rolprent, A Star is Born, waarin sy die vroulike hoofrol teenoor Bradley Cooper vertolk, het reeds groot lof van kritici ontvang. Verder het dit al 95% op die fliekwebwerf Rotten Tomatoes gekry.

Sy het onlangs geskitter op die Toronto-filmfees se rooi tapyt. In ’n dramatiese swart rok en sluier was alle oë op haar. Bradley, wat haar vergesel het, het halfpad op die tapyt haar sluier afgehaal.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Nou is dit Vogue se Oktober-uitgawe wat aandag trek. Lady Gaga verskyn sonder grimering op die voorblad.

FOTO Instagram/ Vogue
FOTO Instagram/ Vogue