Een van Suid-Afrika se grootste rugby-legendes, Mannetjies Roux, en die sangeres, Laurika Rauch, gaan Saterdag 19 Maart tydens die Super 15-derby-wedstryd tussen die Vodacom Blou Bulle en die DHL Stormers op Loftus saam 'n verskyning op die veld maak. Laurika sal haar trefferliedjie, 'Stuur groete aan Mannetjies Roux', sing. Dis 'n spesiale bederf vir rugby-aanhangers, en terselfdertyd die bekendstelling van die musiekblyspel Stuur groete aan Mannetjies Roux, wat in Mei vanjaar in die Atterbury-teater in Pretoria open. Laurika speel die hoofrol in dié produksie. Mannetjies Roux se 'Groot Drie' was die inspirasie vir die liedjie en nou ook die teaterproduksie. SARIE is die tydskrif-mediavennoot. Hou SARIE asook sarie.com, SARIE se Facebook- en Twitterblaaie dop vir alle inligting en besprekingsdetails.

Mannetjies en Charlotte Roux (foto onder)

Mannetjies en Charlotte Roux

LAURIKA SE 'STUUR GROETE AAN MANNETJIES ROUX'